Kerkraad :
Bestaande uit 8 gemeentelede wat die groter gemeente verteenwoordig, plus die predikant.
Hierdie Kerkraad sal die verantwoordelikheid he om strategies te dink oor die gemeente en sy werk. Die Kerkraad sal ook die volle mag hê om al die besluite te neem soos in die Kerkorde verwag word. Die Kerkraad moet met die gemeentelede op verskillende plekke en maniere kontak maak.
 
Nominasies vir Kerkraad kan na kerkkantoor of na die leraar ge-epos word.
 
Spanne:
Daar word spanne saamgestel uit gemeentelede wat 'n passie het vir 'n spesifieke doel en bereid is om verantwoordelikheid te neem vir daardie spesifieke taak. Hierdie spanne is doelgerig.
Die spanne moet 1 keer 'n maand bymekaar kom om vergader oor hulle doel, daar moet hulle vas stel wat hulle behoeftes is en 'n kort verslag saam stel wat dan aan die Kerkraad voorgelê gaan word.
Die spanne moet ook elkeen 'n persoon kies wat die verantwoordelikheid neem vir 'n projek/ projekte sodat daar 'n kontak persoon beskikbaar is. 
Enige iemand kan deel word van so span. Spanne kan spontaan gevorm word of een van die volgende wees:
 
Hulpverleningspan:
Hierdie span bestaan uit gemotiveerde lidmate wat in en om ons omgewing 'n verskil wil maak. Die span kan inskakel by die Klipkerk projek wat op hierdie stadium goed aan die gang is. Die span kan ook enige ander projekte identifiseer waarby die gemeente betrokke kan raak.
 
Kommunikasiespan:
Hierdie span bestaan uit gemotiveerde lidmate wat die nodige talente het om die gemeente se kommunikasiekanale te ontdek en te gebruik. Om deur middel van e-posse, Maandelikse nuusbriewe, die webtuiste, SMS'e en Facebook met die gemeentelede genoeg kontak sal maak sodat almal die nodige inligting op die mees gerieflikste manier kan ontvang.
 
Sosiale Span:
Huidige projekte soos die jaarlikse Brood & Biltong aand asook die nuwe Vleisfees val onder hierdie span. Vir 2011 is die spanne gerig op intern, maar die groot droom is dat hierdie span sosiale geleenthede sal reël vir 'n goeie doel.
Hierdie span kan ook gebruik word om in die toekoms sosiale geleenthede te reël ten bate van een van ons hulpverleningsprojekte.
 
Musiekspan:
Die musiekspan bestaan uit 'n paar gemeentelede met die passie en die gawes om ons gemeente met 'n musiekbediening te verryk. Dit sal in samewerking met die orrelis wees, asook die huidige musiekspan wat tans saam oefen onder leiding van Giep Nel en Piet Strydom.
 
Gasvryheidsspan:
Die Gasvryheidsspan bestaan uit mense wat die passie en die gawes het om die gemeente se gasvryheid te bestuur. Dit behels die reël van gemeentelede wat kerkgangers Sondae oggende by die deur groet. Mens wat nuwe intrekkers besoek, asook die besoek aan siek gemeentelede saam met die leraar.
 
Tegniesespan:
Mense wat die gawes het om met die tegniese toerusting te werk kan deel word van hierdie span. Dit sluit aan by Arrie Lombard & Ruaan Schoeman wat op hierdie stadium die span bestuur. Om Sondae beurte te maak om die klank te hanteer. Om te kom help as ons die kansel moet skuif. Hierdie span sal ook verantwoordelik wees vir die versorging van al die tegniese toerusting in die kerkgebou.
 
Jeugspan:
Die Jeugspan bestaan uit mense wie se hart na aan die jeug lê. Die kategete is almal deel van die span. Enige iemand wat geroep voel kan die leiding neem van die span. Dit behels die versorging van die kategete saam met die leraar. Die uitkies & bestel van die kategese materiaal en ook om kampe, uitreike, afsluitings en die konsert te reël.
 
Sending- en Evangeliesasiespan:
Sending en Evangelisasie bly een van ons gemeente se belangrikste doelwitte. Hierdie span bestaan uit die huidige sending aktiwiteite. Enige persoon wat die passie en gawe vir sending het kan hier betrokke raak.
 
Eiendomspan:
Mense met die nodige gawe en motivering kan hier betrokke raak om te help kyk na die kerk se eiendom. Dit sal behels die span moet self of mense reël om dit wat stukkend is te herstel asook inisiatief neem om die terrein te versorg.

Hierdie is slegs 'n paar spanne wat reeds gevorm kan word. Indien enige persoon die inisiatief en roeping het om 'n span te begin wat nog nie reeds bestaan nie of nie by een van die huidiges kan inskakel nie, is daar ruimte om so span te begin.
 
L/S Suikerbos Toebroodjie Projek:
2de Kwartaal
Groep A          
Week Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag
11 - 15 April Lelanie Voges Natasha Natasha Realette Taljaard Karin Pienaar
23 - 27 Mei          
           
Groep B          
18 - 21 April Shareza Botes Ilze Pienaar Melanie vd Merwe Adele Coetzee Caren Terblanche
30 Mei - 3 Junie          
           
Groep C - Hamerkop Selgroep        
03 - 06 Mei Susan Liebenberg Hettie Meyer Dorothy Boucher Estelle Viljoen  
6 - 10 Junie          
           
Groep D          
9 - 13 Mei Goedie Snelling Lyna Swanepoel Irma Botha Fanny van Eeden Sarie Venter
13 - 17 Junie          
           
Groep E          
16 - 20 Mei Margaret Smith Ilza du Preez Ilizma Hall Therine Mcintyre Glaudine Oosthuizen
20 - 24 Junie          
           
3de Kwartaal 2011
Groep A          
18 - 22 Julie Lelanie Voges Natasha Natasha Realette Taljaard Karin Pienaar
22 - 26 Augustus          
26 - 30 September          
           
Groep B          
25 - 29 Julie Shareza Botes Ilze Pienaar Melanie vd Merwe Adele Coetzee Caren Terblanche
29 Aug - 2 Sept          
           
Groep C - Hamerkop Selgroep        
1 - 5 Augustus Susan Liebenberg Hettie Meyer Dorothy Boucher Estelle Viljoen  
5 - 9 September          
           
Groep D          
8 - 12 Augustus Goedie Snelling Lyna Swanepoel Irma Botha Fanny van Eeden Sarie Venter
12 - 16 September          
           
Groep E          
15 - 19 Augustus Margaret Smith Ilza du Preez Ilizma Hall Therine Mcintyre Glaudine Oosthuizen
19 - 23 September          
           
4de Kwartaal 2011
Groep A          
7 - 11 November Lelanie Voges Natasha Natasha Realette Taljaard Karin Pienaar
           
Groep B          
10 - 14 Oktober Shareza Botes Ilze Pienaar Melanie vd Merwe Adele Coetzee Caren Terblanche
14 - 18 November          
           
Groep C - Hamerkop Selgroep        
17 - 21 Oktober Susan Liebenberg Hettie Meyer Dorothy Boucher Estelle Viljoen  
21 - 25 November          
           
Groep D          
24 - 28 Oktober Goedie Snelling Lyna Swanepoel Irma Botha Fanny van Eeden Sarie Venter
28 Nov - 2 Des          
           
Groep E          
31 Okt - 4 Nov Margaret Smith Ilza du Preez Ilizma Hall Therine Mcintyre Glaudine Oosthuizen
5 - 9 Desember          
Webtuiste geskep deur Madcowontherun Designs 2011