Ons visie is om só kerk te wees dat God die wêreld ook deur ons kan liefhê.
Daarom as ’n geloofsgemeenskap ...
verheerlik ons God
bou ons mekaar op, en
bring ons hoop in ons omgewing en die wêreld.
Hoewel elke bediening ’n bepaalde fokus het, is dit belangrik dat al ons bedieninge aan al drie die bogenoemde aandag gee.
As jy dus by ’n bediening inskakel, gaan dit jou geleentheid gee om te groei in jou verhouding met God, om medegelowiges beter te leer ken en om God se liefde met ander te deel.
Daar is vyf komitees wat Suikerbos-gemeente se bedieninge en ander werksaamhede ondersteun.
Vir enige iemand wat die kundigheid het of belangstel in een van die volgende terreine, kan dit die geleentheid bied om hulle geloof prakties uit te leef.
Indien daar ’n gemeentelid is wat wil inisiatief wil neem met ’n nuwe projek of bediening, is hulle welkom om die Kerkraad te kontak.
![]() |
- Finansies
Die Finansiële komitee beplan en bestuur die begroting van die gemeente. |
![]() |
- Personeel
Die Personeelkomitee is verantwoordelik om ’n personeelstruktuur met die gepaardgaande dienskontrakte, posbeskrywings en salarisskale te ontwikkel en in stand te hou. |
![]() |
- Jeug
Die jeugkomitee is verantwoordelik vir die ontwikkeling, instandhouding en bestuur van die gemeente se jeugaktiwiteite |
![]() |
- Logistiek Die Logistieke komitee is verantwoordelik vir die ontwikkeling, instandhouding en bestuur van die gemeente se vaste eiendom, ander bates en sekuriteit |
![]() |
- Kommunikasie Die Kommunikasiekomitee ontwikkel en implementeer 'n kommunikasiestrategie en bestuur die korporatiewe identiteit. |
![]() |
Eredienshulp – Benno Marais
Neem dankoffers tydens die eredienste op, wys oop plekke aan en help met die voorbereiding, bediening en opruiming van die Nagmaalfees. |
![]() |
Sending – Craig Platt
Kommunikeer met sendelinge en sending organisasies wat ons gemeente ondersteun. |
![]() |
Klipkerk uitreik – Willem & Karin Pienaar
In beheer van on kospakkie projek by die Klipkerk gemeente waar kos aan 70 gesinne gegee word. |
![]() |
Tegnies – Willem Pienaar
Hanteer alle klank- en beeldtoerusting tydens eredienste en ander gemeentelike byeenkomste. |
![]() |
Musiekbediening - Ingrid van Zweel
verryk die eredienste met sang- of musiektalent. |
![]() |
Kleuterkerk – Monique van Staden
Leer peuters en kleuters op kreatiewe maniere meer van Jesus. |
![]() |
Administratief
Help in die kantoor om databasis op datum te kry, afrol werk en kommunikasie in die toekoms. |
![]() |
Vrouebediening
Die vroue is verantwoordelik vir sekere pligte in die gemeente soos teeskink en blomme vir die erediens. |
![]() |
Laerskool Suikerbos Toebroodjieprojek
Verskaf daagliks toebroodjies aan ons Laerskool. |
![]() |
Gebedskamer – Pieter Marais
Gebedskamer is ingeruim om gemeentelede die spasie en geleentheid te gee om as gelowiges bymekaar te kan kom en saam te bid. Gebedsversoeke kan ook ingedien word. |
![]() |
Gasvryheid – Ilza du Preez
Dit behels die reël van gemeentelede wat kerkgangers Sondae oggende by die deur groet. Mens wat nuwe intrekkers besoek, asook die besoek aan siek gemeentelede saam met die leraar. |
![]() |
Moeder-groep –
Hierdie groepie is vir alle mammas met pasgebore babas of jong kleuters. Die doel van die groep is om die moeders geestelike en emosioneel te ondersteun en mekaar se stories te hoor en te deel. |
Kom gerus en skakel by enige van die bedieninge in, of kom gesels met ons as die Here ’n ander bediening op u hart druk
![]() |
Doop Alle ouers wat wil doop moet asseblief ’n afspraak met die predikant maak vir doopgesprekke. Laai asseblief die vorm af en bring dit saam met u eerste besoek. Laai DOOP VORM hier af |
![]() |
Begrafnisse/Roudienste Begrafnisse moet asseblief met die predikant en die kerkkantoor gereël word. Ons gemeente beskik oor ’n gedenkmuur. Die beskikbaarheid van grond vir nuwe begraafplase, asook vandalisme en sekuriteit in huidige begraafplase, het die vraag na alternatiewe wyses waarop ons stoflike oorskot nagelaat kan word, laat ontstaan. Die gedenkmuur is so ’n alternatief. Die reg tot die plasing van ‘n kissie in die gedenkmuur kan gekoop word, en sodoende word nissies gereserveer. Oudergewoonte kan man en vrou en selfs familie-nissies langs mekaar gegroepeer word. Die granietteël word vooraf of later gegraveer met die gestorwene se besonderhede soos verlang. Besoeke aan die gedenkmuur sal altyd moontlik wees, en só sal daar dan ook voorsiening gemaak word vir plasing van vars blomme. Om ’n nissie te bespreek asseblief skakel met die Kerkkantoor. |
![]() |
Huweliksbevestiging Indien u in die huwelik bevestig wil word, moet u asseblief met die predikant skakel om seker te maak sy is op die betrokke datum beskikbaar. Afsprake vir voorhuwelikse sessies sal met die predikant gereël word. Laai asseblief die vorm af en bring dit volledig saam met u eerste besoek. Laai HUIWELIKBEVESTIGING VORM hier af. |
![]() |
Huisbesoek & Siekebesoek Die huisbesoek vind sporadies plaas soos tyd en beskikbaarheid dit toelaat. Indien u huisbesoek verlang neem asseblief die vrymoedigheid om die predikant te skakel. Die hospitale hou nie almal meer boek van die pasiënte se kerke nie. Daarom wil ons u asseblief vra om die predikant of kerkkantoor in kennis te stel as u siek is of hospitaal toe gaan. Ons wil u graag besoek. |
![]() |
Nuwe Intrekkers Baie welkom aan alle nuwe intrekkers. Ons wil vra dat u asseblief die vorm hier sal aflaai en invul. U kan dit of vir die kerkkantoor epos of kerkkantoor toe bring. Laai LIDMAATSKAP VORM hier af. |