Paasfees 2014

Posted by on in nuus brokkies
  • Font size: Larger Smaller
  • Hits: 2901
  • Subscribe to this entry
  • Print

Dit is altyd lekker om te hoor wat gemeentelede vir Paastyd doen.

Ina Lombard het vir ons foto's gestuur en n kort skrywe oor wat hulle selgroep gedoen het.

Dankie Ina!!

 

Paasfees

Nog 'n dag op die kalender? Nee, beslis nie. Hierdie jaar het ons selgroep besluit om iets te doen wat ons, sowel as ons kinders gaan onthou. 

'n Paasmaal, nee, 'n liefdesmaal, is beplan - 'n maal waartydens ons ons Here Jesus se liefde vir ons kon gedenk.

 

Die aand is begin met 'n vertelling waartydens Karin vir die kinders die gebeurtenis van die uittog uit Egipte (die eerste Paasfees) tot die opstanding van Jesus met twaalf simbole uitgebeeld het. Grootmense en kinders het deelgeneem aan die gesprekke wat daaruit gevloei het. 

 

Daarna het ons aangesit aan n pragtig versierde tafel, gepas vir Paasfees. Aan tafel is die Laaste Maal wat Jesus met sy dissipels gehad het oorvertel en die simboliek van die brood en wyn is met die kinders gedeel. 

 

Ons het neute, olywe, granate, druiwe, vye en ongesuurde brode, saam met skaapboud en mentsous op die spyskaart gehad. As nagereg was daar kwepers en, ter wille van die kinders, roomys.

 

Wat 'n  pragtige aand was dit nie. 'n Aand waartydens ons geestelik verryk is en vriendskapsbande versterk het. ' n Aand wat ons en ons kinders sal koester tot volgende jaar  Paastyd - en nog lank daarna.

 

Die Pienaars, Oosthuizens, Lombards en Magda Martins.

 

             

 

            

Login Form