Vleisfees

Posted by on in nuus brokkies
  • Font size: Larger Smaller
  • Hits: 497
  • Subscribe to this entry
  • Print

Ons hou weer ons jaarliks Vleisfees

Vrydag 10 Mei vanaf 15:00 by die kerk.

 

Maar voor ons kan fees hou, is daar n paar goed wat eers moet gebeur:

 

Ons benodig ’n paar hande, as jy kan help by van die volgende laat ons so gou as moontlik weet:
    -  Enige iets bak of brou vir ons gebak tafel

     - kan help met poedings vir ons poedingtafel.
     - Aktiwiteite organiseer vir die kinders
     - Vleis braai vir ons Boereworsstalletjie
     - Koffie & Tee skink
     - Droëwors & Biltong verkoop
     - Vleis bewerk

Ons benodig dan ook beeste;
Sou u kan help met  ’n kontant donasie waarmee ons beeste kan koop of ons kan help met ’n bees sal dit waardeer word.
Deur die loop van die maand sal daar vleis bewerk word. Hou die hierdie bladsy asook die afkondigings dop vir meer inligting!
Die eerste vleis-aand is Maandag 15 April 18:00 by die kerk.

As jy kan help woon asseblief ons vergadering by, Woensdag 10 April 18:00 by die kerk. ALMAL IS WELKOM!
Indien jy enige navrae het kontak ons gerus!

Ds Nicole 0724120304
Mark McIntyre 0825790531
Kerkkantoor 016 423 6295

 

Kry ook nou al jou Vleisbestelvorm hier: Vleis-Bestelvorm-13.doc

 

 

Login Form