Vleiswerk 16 April

Posted by on in nuus brokkies
  • Font size: Larger Smaller
  • Hits: 763
  • Subscribe to this entry
  • Print

Ons is hard besig met die Vleisfees reëlings.

Dinsdagaand het ons die eerste vleis verwerk. Daar is ongeveer 320kg wors gemaak!!

Meer as die helfte is al verkoop, so ek hoop julle het al julle bestelvorms ingegee.

Onthou julle kan die bestelvorms hier by die onderste "blogpost" kry.

 

Dankie vir elkeen wat kom help. Elke bydrae het n verskil gemaak en gehelp dat ons al daardie vleis verwerk en verpak kon kry.

 

Ons kom weer volgende week bymekaar. Bring jou mes, plank en voorskoot, as jy skrikkerig is vir die vleis, kom nogsteeds. Daar is altyd iemand nodig om tee of koffie te maak, krane oop te draai vir hande was, voorskote vas te maak of pleisters te plak.

 

Almal is welkom!!!

 

Hier is n paar fotos van almal wat kom help het!