Subscribe to this list via RSS Blog posts tagged in Braai

Posted by on in nuus brokkies

Ons jaarlikse Vleisfees vind plaas op 16 Mei 2014 van 3h - 21:30

Kom kuier gerus saam.

As jy wil betrokke raak en help, kom gee jou naam op by die kerk asseblief.

En almal wat wil help vleis werk kan 7 Mei, na hulle gestem het na die kerk toe kom ons gaan heeldag saam kuier en vleis werk.

 

Vleis kan net eenkeer vooraf bestel word, die sluitingsdatum is 23 April.

Vleis kan SLEGS by die kerkkantoor bestel word.

 

Laai jou vorm af en bestel so gou as moontlik. Hier:
Vleis-Bestelvorm-2014.doc

 

Daar sal ook vleis beskikbaar wees op die dag, maar slegs n beperkte hoeveelheid en dit kan nie vooraf "gedeps" word nie.

 

Hoop ons sien julle daar!!!!

Posted by on in nuus brokkies

Ons is hard besig met die Vleisfees reëlings.

Dinsdagaand het ons die eerste vleis verwerk. Daar is ongeveer 320kg wors gemaak!!

Meer as die helfte is al verkoop, so ek hoop julle het al julle bestelvorms ingegee.

Onthou julle kan die bestelvorms hier by die onderste "blogpost" kry.

 

Dankie vir elkeen wat kom help. Elke bydrae het n verskil gemaak en gehelp dat ons al daardie vleis verwerk en verpak kon kry.

 

Ons kom weer volgende week bymekaar. Bring jou mes, plank en voorskoot, as jy skrikkerig is vir die vleis, kom nogsteeds. Daar is altyd iemand nodig om tee of koffie te maak, krane oop te draai vir hande was, voorskote vas te maak of pleisters te plak.

 

Almal is welkom!!!

 

Hier is n paar fotos van almal wat kom help het!

 

  

 

 

  

 

  

 

Posted by on in nuus brokkies

    

 

 

    

 

    

 

 

Tagged in: Braai Gemeente

Login Form