Subscribe to this list via RSS Blog posts tagged in Gemeente

Posted by on in nuus brokkies

Dit is altyd lekker om te hoor wat gemeentelede vir Paastyd doen.

Ina Lombard het vir ons foto's gestuur en n kort skrywe oor wat hulle selgroep gedoen het.

Dankie Ina!!

 

Paasfees

Nog 'n dag op die kalender? Nee, beslis nie. Hierdie jaar het ons selgroep besluit om iets te doen wat ons, sowel as ons kinders gaan onthou. 

'n Paasmaal, nee, 'n liefdesmaal, is beplan - 'n maal waartydens ons ons Here Jesus se liefde vir ons kon gedenk.

 

Die aand is begin met 'n vertelling waartydens Karin vir die kinders die gebeurtenis van die uittog uit Egipte (die eerste Paasfees) tot die opstanding van Jesus met twaalf simbole uitgebeeld het. Grootmense en kinders het deelgeneem aan die gesprekke wat daaruit gevloei het. 

 

Daarna het ons aangesit aan n pragtig versierde tafel, gepas vir Paasfees. Aan tafel is die Laaste Maal wat Jesus met sy dissipels gehad het oorvertel en die simboliek van die brood en wyn is met die kinders gedeel. 

 

Ons het neute, olywe, granate, druiwe, vye en ongesuurde brode, saam met skaapboud en mentsous op die spyskaart gehad. As nagereg was daar kwepers en, ter wille van die kinders, roomys.

 

Wat 'n  pragtige aand was dit nie. 'n Aand waartydens ons geestelik verryk is en vriendskapsbande versterk het. ' n Aand wat ons en ons kinders sal koester tot volgende jaar  Paastyd - en nog lank daarna.

 

Die Pienaars, Oosthuizens, Lombards en Magda Martins.

 

             

 

            

Posted by on in nuus brokkies

Ons jaarlikse Vleisfees vind plaas op 16 Mei 2014 van 3h - 21:30

Kom kuier gerus saam.

As jy wil betrokke raak en help, kom gee jou naam op by die kerk asseblief.

En almal wat wil help vleis werk kan 7 Mei, na hulle gestem het na die kerk toe kom ons gaan heeldag saam kuier en vleis werk.

 

Vleis kan net eenkeer vooraf bestel word, die sluitingsdatum is 23 April.

Vleis kan SLEGS by die kerkkantoor bestel word.

 

Laai jou vorm af en bestel so gou as moontlik. Hier:
Vleis-Bestelvorm-2014.doc

 

Daar sal ook vleis beskikbaar wees op die dag, maar slegs n beperkte hoeveelheid en dit kan nie vooraf "gedeps" word nie.

 

Hoop ons sien julle daar!!!!

Posted by on in nuus brokkies

Goeiemore!

Ek hoop almal is saam met my opgewonde oor ons Vleisfees die 10de Mei. Dankie aan elkeen wat al vleis bestel en skenkings gegee het. Op die dag, gaan daar n Potjiekoskompetisie ook wees. So die van julle wat glo julle maak die beste pot, kom skryf in!!!!

Dit is R600 vir n pot. Dan kry jy 10 kaartjies, Jy kan besluit of jy kaartjies aan ander mense wil verkoop, uitdeel of vir jouself hou. Indien jy dit wil verkoop, is jy welkom om die kerkkantoor te laat weet, dan kan ons in die afkondigings sit dat mense by jou kan kaartjies koop en potjiekos kry die aand. Ons sien baie uit om julle almal daar te he. Laai jou inskrywingsvorm HIER af: Potjiekos.doc

 

Hier is van ons 2012 potte:

  

 

 

Posted by on in nuus brokkies

    

 

 

    

 

    

 

 

Tagged in: Braai Gemeente

Login Form