Subscribe to this list via RSS Blog posts tagged in Uitryke

Posted by on in nuus brokkies

Goeiemiddag!!

 

Catherine Robson Kindershuis is die Kinderhuis hier in Vereeniging wat deur die NG Kerke & NG Welsyn ondersteun word.

Ons as n gemeente kan meer betrokke raak deur aandag te gee aan hulle behoefte lys.

 

Behalwe vir fisiese goed het hulle ook mense nodig wat tyd saam die kinders kan spandeer. Skakel Ds Nicole gerus by 0724120304 om iets te reël.

Hou hulle gerus ook dop op FACEBOOK: http://www.facebook.com/groups/107498932659122/?fref=ts

Hier is hulle behoeftelys wat ons in die gemeente wil bymekaar maak:

 

Die volgende items het hulle baie nodig op die oomblik:

1    Graanpap ( mieleimeel, Maltabella, Oats, Weet-bix, Post Toasties, ens) vir ontbyt oor die naweke.
2    Allerhande soorte smere en konfyte soos Bovril, kaassmeer, vissmeer, ens.
3    Polonie, Boeliebief, Tuna, Sardyne, Kerrievis en ander soorte proteien vir aandetes.
4    Two Minute Noodles en ander soorte pasta.
5    Pastasouse – selfs tuisgemaak en gebottel
6    Kaas
7    Vrugte
8    Koeldrank (sap, Sweeto, ens)
9    Pantoffels en wintersnagklere vir seuns en dogters – lys van groottes by Susan Taljaard 016 455 1733 beskikbaar
10    Skoolskoene vir sommige kinders. Vra dat Susan by die stoor uitvind van die groottes en vir watter kinders.
11    Verjaarsdaggeskenke vir alle ouderdomme van 3 tot 18.
12    ‘n Paar klein kamertjies met badkamers en studieruimte soos by Andrew Murray kerk in JHB. Dit is vir matrieks en seniors wat meer privaatheid nodig het. Die ruimte is hier. Die kamers moet gebou word.
13    Borge vir seuns wat goed presteer in atletiek, rugby en trampolienspring.

 

En hier is hulle groot WENSLYS: WENSLYS-CATHERINE-ROBSON.xlsx

 

 

Baie dankie aan elkeen wat belangstel, die in die gemeente, asook die wat van Facebook / Twitter gereageer het!

Elke bydrae word baie waardeer en maak 'n groot verskil!

 

 

Login Form